LAERSKOOL MEYERSPARK PRIMARY
Navrae/Enquiries: Tel.: (012) 803-7505/6
Hoof/Principal:
J van der Poel:
082 413 3887
Faks/Fax: (012) 803-4355
Naskool/Aftercare: 083 633 9949
e-pos/e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Web: www.laerskoolmeyerspark.co.za
Tye/Times: 07:25 tot / to 13:20 (vir alle leerders / for all learners)
Pousetye: Eerste pouse - 09:30 en Tweede pouse 11:35
Break times: First break - 09:30 and Second break 11:35
EMPIE-NUUS 1/2011 / EMPIE NEWS 1/2012
25 JANUARIE 2012 / 25 JANUARY 2012
ONS IS DROOMWAARMAKERS!
WE MAKE DREAMS COME TRUE!
Geagte Ouers
VANAF DIE HOOF SE TAFEL
‘n Hartlike woord van welkom aan almal by Laerskool Meyerspark! Ons hoop dat hierdie jaar ‘n besonderse jaar vir elke kind en ouer sal wees.
Ons is baie bly dat u deel van ons skool is en wil u aanmoedig om baie betrokke te raak by al ons skool se aktiwiteite. Alleenlik as u deelneem, kan u deel voel van ons skool en saam met u kind die wonderlike ervaring van skoolgaan geniet.
Weet dat ons skool se deur oop staan vir u om te eniger tyd met ons te kom gesels rakende bekommernisse wat u beleef.
Geniet en beleef 2012 saam met ons.
Beste wense.
J. van der Poel
GRONDSLAGFASE- SWEM (GR 1 - 3)
Ons wil graag weer, soos in die verlede, al ons leerders watervertroud maak.
Johan van Stade, ‘n baie bekwame afrigter, gaan vir ons help.
Ons begin Woensdag, 1 Februarie 2012 en swem tot Donderdag, 1 Maart 2012.
Elke klas het ‘n swemperiode op die dag wat hulle swem. Die swem vind gedurende skoolure plaas.
Stuur asseblief u kind se gemerkte swemklere, handdoek en swempet in ‘n sak saam.
Swemperiodes is soos volg:
Woensdae: Gr. 1M, Gr. 1Y, Gr. 1R, Gr. 1S,
Gr. 1P, Gr. 2M, Gr. 2E & LSEN-klas
van mev. Yolanda Prinsloo
Donderdae: Gr. 2Y, Gr. 2R, Gr. 2S, Gr. 3M,
Gr. 3Y, Gr. 3R, Gr. 3S & LSEN-klas
van mev. Ida Reed
Mev. C. Beurkes
INLIGTINGSAAND – GRONDSLAGFASE
Ouers wat nie die Inligtingsaand op Dinsdag,
24 Januarie kon bywoon nie, kan gerus ‘n inligtingstuk vanaf die skool aanvra.
Mev. R. Roos
INLIGTINGSTUK – INTERSENFASE (GR. 4 – 7)
Graad 4 tot 7 leerders gaan op Maandag,
6 Februarie ‘n Inligtingstuk rakende die Intersenfase ontvang. Elke ouer moet
die ontvangs-erkenningstrokie teken.
Mev. A. Sterk
____________________________
J. van der Poel
HOOF
______________________________________
VERKORTE KWARTAALPROGRAM:
1STE KWARTAAL 2012
ATLETIEK
Woensdag, 25 Januarie: Interne Prestige byeen-
koms om 14:00
Dinsdag, 31 Januarie: Northridge Primary (weg)
Vrydag, 10 Februarie: Tuisbyeenkoms
DINSDAG, 21 FEBRUARIE
Rugby-, Netbal- en Sokker-oefeninge begin
(Dinsdae en Donderdae)
NETBAL
Dinsdag, 6 Maart: Kursus vir O/8 - O/13 (tuis) Woensdag, 7 Maart: Proewe vir O/13
Dinsdag, 13 Maart: Kursus vir O/8 - O/13 (tuis)
Woensdag, 21 Maart: Proewe vir O/12 & O/13
(dogters wat kwalifiseer)
Vrydag, 23 Maart: Proewe vir O/12 & O/13
(dogters wat kwalifiseer)
HOKKIE
Dinsdag, 20 Maart: Kliniek om 14:00 – 17:00
Woensdag, 21 Maart: Kliniek om 09:00 – 15:00
FIN. KOMITEE- EN BEHEERLIGGAAM-VERGADERINGS
Maandag, 27 Februarie om 18:00 & 19:00
Maandag, 26 Maart om 18:00 & 19:00
GHOLFDAG
Vrydag, 23 Maart
TOETSROOSTER
Dinsdag, 6 Maart: Addisionele Tale (Afr. & Eng.)
Donderdag, 8 Maart: Tegnologie
Dinsdag, 13 Maart: Wiskunde
Donderdag, 15 Maart: Lewensoriëntering
Dinsdag, 20 Maart: E.B.W.
Vrydag, 23 Maart: Huistale (Afr. & Eng.)
Dinsdag, 27 Maart: Natuurwetenskap
Donderdag, 29 Maart: Sosiale Wetenskap
Vrydag, 30 Maart: Kuns & Kultuur
Nuusbrief