Home Beleid en reels/ School Policy and rules

Beleid en reels/ School Policy and rules

Missie

Laerskool Meyerspark Primary begrond sy bestaan daarin dat opvoeding van die kinders wat deur ouers aan ons medetoevertrou word, ‘n roeping van God is.

Daarom streef ons, in vennootskap met ons ouers, na die optimale ontwikkeling van die potensiaal van elke leerling deur die hoogste graad van akademiese onderrig, fisieke ontwikkeling en geestelike ontplooiing in ‘n vriendelike, liefdevolle en gedissiplineerde leeromgewing.

Gedragskode

 

As ek trots is op my skool dan sal ek:

Altyd netjies en gepas geklee wees.

Toesien dat my gedrag aanvaarbaar is.

Die skoolterrein, toilette en klaskamers skoon en netjies hou.

Nooit kos en drinkgoed in die klaskamers eet en drink nie.

Weet dat diefstal, besit van gevaarlike voorwerpe, wapens, dwelmmiddels en alkohol verbied word

Altyd personeel en maats met respek behandel.

Altyd skool bywoon

Altyd my opdragte, projekte en take na die beste van my vermoë voltooi.

Skool aktiwiteite positief ondersteun.

Hou by die skoolreëls.

My nie skuldig maak aan enige wangedrag en vandalisme nie.

 

 

 

 

login form

Who's Online

We have 1 guest online